Wednesday, 18 October 2017

Slangfontein Blog

RADIO KALAHARI ORKES Stel Nuwe Album Vry - MAMBA!

RADIO KALAHARI ORKES het ’n splinternuwe album met die naam MAMBA! vrygestel - hul eerste amptelike album in 5 jaar. Die album is oor die laaste paar jare geskryf en opgeneem deur Dan Roberts by StoepStudios in Johannesburg.

 

RADIO KALAHARI ORKES (RKO) is ’n roots musiekgroep; opwekkingspredikers wat delf in die verlede (en rondom die wêreld) vir inspirasie, alhoewel die woorde oor die algemeen gewortel is in die hede. Hul mik vir musiek wat begin in jou voete en deur jou hart reis tot in jou kop. Die musikale progressie van RKO is organies; elke album is ’n testament van waar die skrywers hul bevind ten tye van opname, met die oog daarop om musiek te maak wat reflekteer waar ons op die oomblik in tyd is deur middel van liedjies wat op die oog af dateer vanaf ’n ander era.

 

’n Honderd Jaar Agter Die Tye - Maar Steeds Op Die Spoor.

 

Die skrywers: Rian Malan, Dan en Ian Roberts, en op MAMBA! ook skrywer en digter Jaco van der Merwe van Bittereinder. Elkeen het sy unieke stem wat met mekaar verenig in die onderwerp: Die lewens van die uiteenlopende mense en die land aan die Suidelike punt van hierdie kontinent waarop hulle hulself bevind. Die album bevat liedjies wat handel oor mites, histories staaltjies, politieke insigte, die sondes van ons vaders, liefdesverhoudinge van die Moot en ook tussendeur ’n bietjie komiese vermaak. Musikaal gesproke, glo RKO dat indien ’n liedjie jou nie laat dans of glimlag nie, moet dit jou laat huil en natuurlik is dit ’n bonus indien al drie op dieselfde tyd gebeur.

 

Die titel van die album, soos met al hul vorige albums ’n enkelwoord, MAMBA! is warm en wild; daar’s ’n skop in die klank van die woord en dis die onmiskenbare klank van Afrika (En natuurlik is dit ook ’n baie skrikwekkende, maar pragtige slang.). MAMBA! weerspieël ook die Trans Afrikaanse tema van sentrale liedjies soos Kilimajaro - ’n reis na die berg van die Maan, en Encantador - ’n Portugese Fado wat afspeel in Mosambiek tydens ’n rewolusie. MAMBA! bevat ook meer tale as net Afrikaans (Engels en Xhosa), en gypsy musiek is ook meer teenwoordig in vergelyking met hul vorige albums.

 

RKO is ’n Orkes vanaf die legendariese Radio Kalahari in Slangfontein, ’n plek wat ons nie heeltemal seker is bestaan nie, maar wat ons weet is diep binne die Kalahari. Laatnag wanneer jy reis deur sy stowwerige strate, mag jy dalk op die kanaal ver links op die radio knop afkom. Dit begin deur te klink soos spoke van ’n ander wêreld, en dan vul dit jou radio met klanke. Dis ’n plek waarheen jy in jou kop kan gaan. ’n Mitiese, alternatiewe wêreld waar jy kan wees wie jy wil wees. Dis ’n bietjie mal en onverklaarbaar.

 

“Ons het hard gewerk om getrou te bly aan ons missie om die voete, die hart en die kop te vermaak en terug te rapporteer en te skryf oor ons algemene ervaring hier op die Suidelike Punt. Luister na die album meer as een keer en die liedjies sal jou bekruip; dit is die teenoorgestelde van pop doef doef. Kry vir jou ’n lekker stuk biltong, ’n goeie mes en ’n bottel rooiwyn; sit dan terug en geniet die album.”

 

MAMBA! Liedjielys:

 

1.    Shuffle Shuffle

2.     Encantador

3.     Kilimanjaro

4.     Bobbejaanvlei

5.     Oor Die See

6.     Charlize Please

7.     Ja Jy

8.     Djy Trap My Korns

9.     Too Damn Hot

10.   Visvang Hudson

11.   Donkerkloof

12.   Jezabel

13.   Hoe Vêrder Ek Ry

 

MAMBA! is beskikbaar by alle RADIO KALAHARI ORKES optredes, en ook te koop by selektiewe Musica handelaars landswyd.

 

 

RADIO KALAHARI ORKES Kontak:

 

Webtuiste: http://radiokalahariorkes.co.za

 

Facebook: http://radiokalahariorkes.co.za

 

Twitter: https://twitter.com/RadioKalahari

RADIO KALAHARI ORKES Stel Musiekvideo Vir BOBBEJAANVLEI Vry

RADIO KALAHARI ORKES het ’n splinternuwe musiekvideo vir BOBBEJAANVLEI vrygestel, die eerste enkelsnit vanaf hul nuwe album, MAMBA! wat amptelik in Maart 2017 vrygestel word.

RADIO KALAHARI ORKES (RKO) beskryf hulself as opwekkingspredikers. Dink aan Pete Seegar, Gillian Welsh, Hooray for the Riff Raff, ens. in die Country sin, maar RKO leen ook vrylik van Cajun, roots country, gypsy en New Orleans en Afrika se nedersettingstyle. As roots musikante van die algemene smeltkroes, delg hulle in die verlede vir inspirasie maar is geensins herhaalde produseerders nie; hul skryf hul eie materiaal wat dikwels voorkom asof dit afkomstig is van ’n vergete en herverbeelde era in die verlede wat nie bestaan het nie - ’n paralelle heelal. Hul motto is:

‘Honderd Jaar Agter Die Tye, Maar Steeds Op Die Spoor.’

BOBBEJAANVLEI is so ’n lied gebaseer op die danse en settees van boeremusiek terwyl dit terselfde tyd terug gaan na die Europese en Amerikaanse style wat boeremusiek beinvloed het. BOBBEJAANVLEI is a dansliedjie (dink polka, gavotte, langarm, ens.) en herinner aan ’n Ierse/Breton viool deuntjie met die tipiese AABBAA struktuur van Keltiese styl.

Die video, ’n eenvoudige konsep vir ’n tydlose liedjie, wys ’n jongman wie graag saam met die plaaslike legende, Minnie na die dans toe wil gaan. Dit is geskiet in die styl van Norman Rockwell se skilderye wat vanaf ’n soortgelyke era kom as waaruit die liedjie kon ontstaan het (in ’n paralelle heelal). Rockwell is afkomstig van ’n meer onskuldige era en die woorde van die liedjie wek kleindorpie gevoel by die luisteraar.

Die groep het met ’n heeltemal nuwe settee vir die video na vore gekom wat net soos hul radio stasie, ‘Radio Kalahari’ dalk nie bestaan nie, maar terselfde tyd ook bekend voel, soos ’n gavotte. The video is gestileer deur Molly Roberts met grimering deur Lily Roberts, Dan Roberts (Ian se neef) se twee dogters. Drie van Ian Roberts se antieke Bellini kitaarversameling - kitare wat hy op leer speel het in die 60s, gemaak deur laaghout met die bekende slagspreuke “gaurenteed not to crack” - is ook te sien in die video. Wanneer jy die liedjie hoor, is daar ’n verre stem wat die refrein van die liedjie sing, asof op Radio Kalahari. Dit is die stem van Rian Malan, die skrywer van die liedjie wat sy oorspronklike weergawe sing.

Kyk die video vir BOBBEJAANVLEI hier!

MAMBA! word amptelik vrygestel op die 1ste Maart 2017 by die Atterbury Teater in Pretoria.

RADIO KALAHARI ORKES Kontak:

 

Webtuiste: http://radiokalahariorkes.co.za

 

Facebook: http://radiokalahariorkes.co.za

 

Twitter: https://twitter.com/RadioKalahari

Radio Kalahari Orkes releases new DVD and CD

Source: http://www.bizcommunity.com/Article/196/429/66084.html

24 Oct 2011 12:00
The Radio Kalahari Orkes has collaborated with Valiant Swart and Chris Chameleon, and joined Jack Parow at Oppikoppi 2010, to bring out a new film, "Die Geheim van Slangfontein", and a CD, "Radio Kalahari Orkes - Grootste Treffers".

Radio Kalahari Orkes releases new DVD and CD

 

 

 

 

 

 

 

 

Die Geheim van Slangfontein DVD will be in music stores, nationwide, in November.

Die Geheim van Slangfontein follows the adventures of Rian "Rooi Jan" Malan, a city boy who escapes to the Kalahari to forget himself, his soul-destroying job and his terrible marriage, as well as the great big mess the corrupt government has made of his country.

Unexpectedly, just when he needed silence the most, Rian's radio refuses to turn off, instead broadcasting music from a mysterious source located between our world and the next. "Spookradio" is a radio station in the Kalahari and you can only hear it if you are tuned into something other than the obvious. The music that emanates from the radio is the Radio Kalahari Orkes` tapestry of distinctive sounds: tin guitars, harmonicas, banjos, mandolins, violins, accordion - earthy, honest and back to the roots.

Vow to unearth the great secret

Rian decides to do the honourable thing and vows to unearth the great secret of the whereabouts of the "Spookradio". Will he succeed in finding the answers to the questions that eat at this soul? How deep will he need to dig? Will his salvation remain forever out of reach? And will Oom Willie Leopold's deadly mampoer prove to kick-start the revelation he seeks?

In episode 2 , Rian and the Radio Kalahari Orkes set off to Oppikoppi Festival (2010) for their performance there, also with guest artist Jack Parow. Low-down bosveld rock and roll merges effortlessly with RKO`s vibe. The footage is funny and endearing and makes one grin with a little personal Oppikoppi nostalgia.

See the trailer for Die Geheim van Slangfontein at www.youtube.com/watch?v=GTPSCBTwg4Y
The DVD includes:
1. Episode 1 - Die Geheim van Slangfontein - Die Kalahari-soektog.
2. Episode 2 - Die Geheim van Slangfontein - RKO gaan Oppikoppi toe.
Grootste Treffers CD

Radio Kalahari Orkes have had a series of hits ( Kaptein Kaptein, Staan My By) and top-selling albums ("Opgestook" and "Heuningland"). The band is currently very active on the performance circuit and features actor and TV personality Ian Roberts as lead singer and writer Rian Malan as co-composer and lyricist. The CD contains most of the songs used in the sound track of the film starring the RKO band.