Wednesday, 18 October 2017

RADIO KALAHARI ORKES Stel Musiekvideo Vir BOBBEJAANVLEI Vry

RADIO KALAHARI ORKES het ’n splinternuwe musiekvideo vir BOBBEJAANVLEI vrygestel, die eerste enkelsnit vanaf hul nuwe album, MAMBA! wat amptelik in Maart 2017 vrygestel word.

RADIO KALAHARI ORKES (RKO) beskryf hulself as opwekkingspredikers. Dink aan Pete Seegar, Gillian Welsh, Hooray for the Riff Raff, ens. in die Country sin, maar RKO leen ook vrylik van Cajun, roots country, gypsy en New Orleans en Afrika se nedersettingstyle. As roots musikante van die algemene smeltkroes, delg hulle in die verlede vir inspirasie maar is geensins herhaalde produseerders nie; hul skryf hul eie materiaal wat dikwels voorkom asof dit afkomstig is van ’n vergete en herverbeelde era in die verlede wat nie bestaan het nie - ’n paralelle heelal. Hul motto is:

‘Honderd Jaar Agter Die Tye, Maar Steeds Op Die Spoor.’

BOBBEJAANVLEI is so ’n lied gebaseer op die danse en settees van boeremusiek terwyl dit terselfde tyd terug gaan na die Europese en Amerikaanse style wat boeremusiek beinvloed het. BOBBEJAANVLEI is a dansliedjie (dink polka, gavotte, langarm, ens.) en herinner aan ’n Ierse/Breton viool deuntjie met die tipiese AABBAA struktuur van Keltiese styl.

Die video, ’n eenvoudige konsep vir ’n tydlose liedjie, wys ’n jongman wie graag saam met die plaaslike legende, Minnie na die dans toe wil gaan. Dit is geskiet in die styl van Norman Rockwell se skilderye wat vanaf ’n soortgelyke era kom as waaruit die liedjie kon ontstaan het (in ’n paralelle heelal). Rockwell is afkomstig van ’n meer onskuldige era en die woorde van die liedjie wek kleindorpie gevoel by die luisteraar.

Die groep het met ’n heeltemal nuwe settee vir die video na vore gekom wat net soos hul radio stasie, ‘Radio Kalahari’ dalk nie bestaan nie, maar terselfde tyd ook bekend voel, soos ’n gavotte. The video is gestileer deur Molly Roberts met grimering deur Lily Roberts, Dan Roberts (Ian se neef) se twee dogters. Drie van Ian Roberts se antieke Bellini kitaarversameling - kitare wat hy op leer speel het in die 60s, gemaak deur laaghout met die bekende slagspreuke “gaurenteed not to crack” - is ook te sien in die video. Wanneer jy die liedjie hoor, is daar ’n verre stem wat die refrein van die liedjie sing, asof op Radio Kalahari. Dit is die stem van Rian Malan, die skrywer van die liedjie wat sy oorspronklike weergawe sing.

Kyk die video vir BOBBEJAANVLEI hier!

MAMBA! word amptelik vrygestel op die 1ste Maart 2017 by die Atterbury Teater in Pretoria.

RADIO KALAHARI ORKES Kontak:

 

Webtuiste: http://radiokalahariorkes.co.za

 

Facebook: http://radiokalahariorkes.co.za

 

Twitter: https://twitter.com/RadioKalahari